Nuwe Enkelsnit!
'Jan Asseblief' Nou Oorals Beskikbaar
KYK HIER !
Tekkies Brand LIVE by Afrikaans Is Groot Sunbet Arena
Meer Van My
Wie is Irene-Louise van Wyk???
Irene-Louise Van Wyk is ‘n sangeres met verskeie no.1-treffers, ‘n mamma, en besigheidseienaar wat haar hele lewe al in Pretoria -Oos woon. Sy het ook al saam met van die land se grootste kunstenaars opgetree, getoer en gewerk.
Musiek vloei van kleins af deur haar are. Haar ma is die ontslape sangeres Irene van Wyk en haar pa is die bekende musiekpromotor Louis van Wyk.
Irene spog met ‘n paar treffers soos
- "Tekkies Brand"
- "My Volgende Fout saam Jay",
- "Hou Jou Hande Van My Lyf af ft Early B",
- "KuierLeier",
- "Iziiit",
- "Jy Speel 'n Game Met My",
- "Sjampanje",
- "Vergeet Van My",
- "Stukkende Ruite"
- "Maak 'n Plan"
- "Ek se SO"
- "Waar Gaan ons Dans Vanaand"
- "Stout vir"
- "Reguit dans"
Tekkies Brand was sedert 28 Augustus 2021 ‘n no. 1-verkoper op Apple en Itunes , 14 weke op die posisie gebly,n rekord ! Die musiekvideo het al meer as 5 miljoen kykbeurte gekry, en die #TekkiesBrand dans was die heel eerste Afrikanse liedjie om viral te gaan op TIKTOK.
Irene spog ook met 1 Aitsa Toekkenning, Verskeie Platinum en goue Afrikaans is Groot Toekennings en 2 Afri Indie toekennings.
Irene-Louise is ook in 2018 vir twee Ghoema-toekennings benoem, naamlik publiek se gunsteling vroulike kunstenaar en beste popalbum deur 'n Vroulike kunstenaar.
Sy hou egter haar voete plat op die aarde en vertel dat die musiekbedryf haar geleer het om nederig te bly en dat jy die vrugte sal pluk as jy hard werk. Tekkies Brand en daarop volgende treffers is die bewys daarvan ...
Irene-Louise van Wyk is bekend vir haar treffers wat haar fans kliphard laat saamsing en ‘n dansvloer aan die brand sokkie! Na die sukses van haar treffers “Stout Vir…” en “Reguit Dans” en 18 kilos wat sy afgeskuf het die afgelope tyd, is Irene-Louise terug met nuwe energie en ‘n nuwe enkelsnit, “Jan Asseblief” wat 1 November 2024 vrygestel word met ‘n musiekvideo!
“Jan asseblief tog squeeze my” behoort jy te ken in die koor van die oospronklike liedjie, maar Irene-Louise het besluit om die liedjie ‘n nuwe baadjie aan te trek met ‘n vars storie vir al die Janne daar buite. “Jan Asseblief” is gedeeltelik geskyf deur Emil Paul vanaf die oorspronklike “Jan Asseblief Tog Squeeze My” wat deur Chris Blignaut geskryf is en Dirk van Niekerk het lewe in die enkelsnit geblaas as vervaardiger. Maak seker “Jan Asseblief” is op jou speellys!!
Videos
Musiek Videos
Gin
Black Crow Gin Collaboration - Moonstone
Irene-Louise Van Wyk in collaboration with Black Crow gin. We saw fit to match it to the precious Moonstone. The pearly iridescence it showcases is soft and milky with a touch of shimmer. Moonstone has a dominant Candy Floss flavour added to our 6 secret botanicals that form the base of this Gin and add to the milky and fluffiness of the stone texture and aesthetic. Since Moonstone is a balancing gem, this Gin is also well balanced and rounded in perfect taste, mouthfeel and lingering aftertaste. Moonstone receives its energy and magic directly from the moon, which is why it is considered a lucky and sacred crystal. Get yours today, click here
Contact
Contact Us
Besprekings en Navrae:
louis@musicprofile.co.za